DROME WORD WEL WAAR! Welkom by hierdie moderne, oopplan-argitektoniese meesterstuk wat 'n unieke ervaring beloof.
Soos jy by die voordeur instap kry jy die unieke gevoel van spasie en elegansie in 'n baie sentrale posisie oorkant Paarl Gimnasium.
Die huis het 'n oopplan-leefarea met 'n moderne hout-brandende kaggel en 'n moderne oopplan kombuis met 'n groot eiland, Smeg-oond en 5-brander restaurant gehalte gasstoof.
'n Privaat opwaskamer gee toegang tot die agterplaas en wasgoedarea wat toegang gee tot die voor- en agterkant van die huis.
Langs die kombuis is n tweede leefkamer langs die formele sitkamer en oopplan braai area met bygaande ingeboude pizza oond.
Franse deure neem jou na ...die pragtige gevestigde tuin met asemrowende uitsigte op die wingerde en berge.
'n Ruim onderdak stoep area is ideaal vir daardie warm somersdae terwyl die kinders baljaar in die omgewingsvriendelike swembad en tuin.
Van daar stap jy deur die ruim TV kamer na die slaapkamer vleuel wat noord front. Daar is 4 ruim slaapkamers, 3 vol badkamers, 'n privaat sitkamer en ruim kantoor.
Die dubbel-volume hoofslaapkamer met direkte toegang toe die tuin en baie kaste wat lei na die ruim en-suite badkamer met n buite stort en luukse bad asook dubbele vanity.
Langs dit is die kinders se 2 ruim kamers met 'n vol badkamer.
Soos jy opstap by die trappe na die 2de vloer verwelkom 'n pragtige sitkamer jou, asook 'n ruim gaste suite, en 'n ruim stylvolle kantoor met lug versorging.
Links van die ingang is die gaste badkamer wat lei na 'n ekstra groot dubbel garage.
Links van die garage is daar 'n volledig toegeruste suite met apart ingang, eie kombuis en vol badkamer.
Daar is sewe lugversorgers deurspek deur die huis.
Daar is geen onkostes gespaar in hierdie huis met sy hout- en teelvloere, topklas afwerkings en ruim vertrekke nie. Bel vandag nog om 'n hierdie prag eiendom te besigtig!
Read More